Isaiah 45:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorenes, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou bynaam gegee, al ken jy My nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ter wille van Jakob my dienaar, van Israel wat Ek gekies het. Ek het jou op jou naam geroep en skryf jou hoog aan, alhoewel jy My nie eens ken nie.
Afrikaans 1933/1953 ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou 'n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.
Afrikaans 1983 Ter wille van my dienaar Jakob, van Israel wat Ek uitverkies het, het Ek jou op jou naam geroep, gee Ek jou 'n eretitel hoewel jy My nie ken nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ter wille van my dienskneg Jakob, en Israel, my uitverkorene. Ek roep jou op jou naam, Ek gee jou 'n erenaam, al het jy My nie geken nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het dit gedoen om my dienaars te help. Hulle is die nageslag van Jakob, die Israeliete, Ek het hulle gekies. Ek het jou geroep en Ek het jou naam genoem. Jy het My nie geken nie, maar Ek gee vir jou 'n spesiale naam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het spesifiek vir jou geroep. Ek doen dit ter wille van Jakob wat My dien, ter wille van Israel wat Ek gekies het om aan My te behoort. Ek het jou ’n spesiale posisie gegee, al het jy My nie geken nie.