Isaiah 45:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou die skatte van die duisternis gee en die verborge rykdom van skuilplekke, sodat jy kan weet dat Ek, die HERE, wat jou by jou Naam roep, die God van Israel is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gee vir jou skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke. Ek doen dit sodat jy kan erken dat Ek die Here is, die God van Israel, wat jou by jou naam roep
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;
Afrikaans 1983 Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gee aan jou skatte in die donker, rykdomme in verborge plekke, sodat jy kan weet dat dit Ek, die Here, is wat jou op jou naam roep, die God van Israel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir jou die goed gee wat die ander konings weggesteek het in donker plekke. Dan sal jy weet Ek is die Here wat jou geroep het en wat jou naam genoem het, Ek is die God van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gee vir jou die skatte wat in donker plekke bewaar word, die rykdom wat weggesteek word. Ek doen dit vir jou sodat jy kan weet dat dit Ek, die Here, die God van Israel is wat jou geroep het om te regeer.