Isaiah 45:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, sal iemand sê: In die HERE het ek geregtigheid en sterkte; tot Hom sal mense kom; en almal wat teen hom toornig is, sal beskaamd staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense sal sê: “Die Here is die bron van my reg en krag.” Almal wat kwaad vir Hom is, sal skaamkry wanneer hulle voor Hom verskyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal van My sê: Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal sê: “Net van die Here kom daar redding en krag.” Almal wat teen Hom te kere gegaan het, sal beskaamd daarvan afkom wanneer hulle voor Hom moet verskyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Net by die Here, ’ sê hulle dan van My, ‘is daar kragtige dade van geregtigheid.’ ” Na Hom toe sal hulle kom en beskaamd staan, almal wat vir Hom kwaad is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal sê: ‘Net die Here kan mense red en sterk maak.’ Almal wat nou sê hulle is kwaad vir die Here, sal nie weet wat om te sê wanneer hulle voor Hom kom staan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal erken dat hulle net by My regverdigheid en sterkte kan kry. Almal wat teen My in opstand was, sal skaam kry. |