Isaiah 45:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het by myself gesweer, die woord het uit my mond gegaan in geregtigheid en sal nie terugkeer nie, dat vir My elke knie sal buig, elke tong sal sweer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek lê ’n eed af by my Naam, en sal nooit teruggaan op wat Ek gesê het nie: Elke knie sal voor My buig, en elke mond sal lojaliteit aan My sweer.”
Afrikaans 1933/1953 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, 'n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.
Afrikaans 1983 Ek lê 'n eed af in my eie Naam, wat Ek sê, is betroubaar, dit is 'n woord wat nie onvervul sal bly nie: voor My sal elke knie buig, in my Naam sal elke tong 'n eed aflê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By Myself sweer Ek, uit my mond gaan 'n belofte oor geregtigheid, en dit sal nie herroep word nie: Voor My sal elke knie buig, elke tong sal plegtig verklaar,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir Myself belowe, Ek het dit vas besluit, en dit sal gebeur: Elke knie sal voor My buig, elke mens sal my Naam noem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek maak ’n belofte vir julle wat vir altyd bly: elke mens sal nog voor My kom buig en bely dat Ek die Here is.