Isaiah 45:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal voor jou uit gaan en die krom plekke reguit maak; Ek sal koperpoorte stukkend breek en ystergrendels inmekaarkap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal voor jou uitgaan en berge gelyk maak. Ek breek bronsdeure oop en slaan ystertralies stukkend. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. |
| Afrikaans 1983 | Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Ek self sal voor jou uit gaan, die berge sal Ek gelyk maak. Deure van brons sal Ek stukkend breek, en sluitbalke van yster sal Ek stukkend kap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê vir Kores: “Ek sal jou lei en Ek sal jou pad gelyk maak. Ek sal die poorte van koper en yster breek sodat jy kan ingaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan voor jou uit. Ek maak jou pad gelyk. Ek breek koperdeure vir jou oop. Ek kap ysterslotte vir jou stukkend. |