Isaiah 45:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het nie in die geheim gespreek, in 'n donker plek van die aarde nie; Ek het nie aan die nageslag van Jakob gesê: Soek My tevergeefs nie; Ek, die HERE, spreek geregtigheid, Ek verkondig reg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het nie in die geheim gepraat, êrens in ’n donker land nie. Ek het nie vir die afstammelinge van Jakob beveel om vir My iets te vra wat Ek nie beplan om vir hulle te gee nie. Ek, die Here, praat die waarheid. Ek sê wat reg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het in die geheim nie gespreek nie -- op 'n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig. |
| Afrikaans 1983 | Ek het nie in die geheim gepraat iewers in 'n donker land nie. Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesê om My in 'n onbewoonbare land te dien nie. Wat Ek, die Here, sê, bring redding, my woorde gee lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gepraat – nie in die geheim nie, nie iewers in 'n donker land nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê, ‘Soek My in 'n onherbergsame plek’ nie. Ek, die Here, verkondig geregtigheid; Ek kondig aan wat reg is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gepraat waar almal My kon hoor, Ek het nie in 'n donker plek gepraat nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê hulle moet My dien op 'n plek waar Ek nie is nie. Ek, die Here, praat wat reg is, Ek sê wat regtig sal gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het nie iets in die geheim gesê nie. Ek het nie daar gepraat waar dit donker en eenkant is nie. Ek het nie vir Jakob se nageslag gesê om na My te gaan soek waar dit eensaam en verlate is nie. Wat Ek, die Here, sê, is reg en regverdig. |