Isaiah 45:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE wat die hemele geskape het: God self wat die aarde gevorm en gemaak het; Hy het dit bevestig, nie tevergeefs geskape nie, dit geformeer om bewoon te word. Ek is die HERE; en daar is niemand anders nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het, Hy is God wat die aarde gevorm en gemaak het. Hy het dit gevestig. Hy het dit nie gedoen om leeg te wees nie, maar om bewoon te word. “Ek is die Here,” sê Hy. “Daar is niemand anders nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het -- Hy is God! -- wat die aarde geformeer en dit gemaak het -- Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word -- Ek is die HERE, en daar is geen ander nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het, Hy wat alleen God is, Hy wat die aarde gevorm, gemaak het, dit gereed gemaak, geskep het, dit gevorm het, nie om leeg te wees nie, maar om bewoon te word: Ek is die Here; daar is geen ander nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so sê die Here wat die hemel geskep het – Hy is God – wat die aarde gevorm en dit gemaak het – Hy het dit gevestig – nie as 'n onherbergsame plek het Hy dit geskep nie, maar om bewoon te word, het Hy dit gevorm: “Ek is die Here, en daar is geen ander nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, dit is die Here wat praat. Hy het die hemel en die aarde gemaak. Hy het die aarde gemaak, maar Hy wil nie hê die aarde moet leeg wees nie. Nee, Hy het die aarde gemaak sodat daar mense kan woon. Hy sê: “Ek is die Here, daar is nie 'n ander Here nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het die lug gemaak. Net Hy is God. Hy het die aarde gemaak. Hy het dit nie gemaak dat dit moet leeg staan nie, maar dat mense daarop kan woon. Hy sê: Ek is die Here. Daar is nie nog ’n ander God ook nie. |