Isaiah 45:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Israel sal in die HERE gered word met 'n ewige verlossing;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here sal Israel vir altyd red. Hulle sal nooit weer verneder word of in die skande kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Israel word verlos deur die HERE met 'n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.
Afrikaans 1983 Maar Israel word deur die Here gered met 'n blywende redding. Hulle sal nie verleë staan nie en nooit teleurgestel word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel word verlos deur die Here – 'n verlossing vir alle tye. Hulle sal nie beskaamd staan nie, en nie verneder word nie – tot in alle ewigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here het die Israeliete gered vir altyd. Hulle sal nooit teleurgesteld wees en nie weet wat om te sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here bevry Israel. Hulle sal vir altyd vry wees. Hulle sal in der ewigheid nooit skaam kry of verleë staan nie.