Isaiah 45:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Die arbeid van Egipte en die koopware van Kus en van die Sabeërs, manne van formaat, sal na jou oorkom, en hulle sal joue wees; hulle sal agter jou aankom; in kettings sal hulle oorkom en na jou toe val; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en daar is geen ander nie, daar is geen God nie.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here: “Die produkte van Egipte, en die handelsware van Kus, ook die lang mense van Seba sal na jou toe kom. Hulle sal agter jou loop en jou gevangenes wees. Hulle sal voor jou buig en teenoor jou bely en sê: ‘God is verseker met jou! Daar is geen ander God nie. Hy is die enigste God!’”
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!
Afrikaans 1983 So sê die Here: Die opbrings van Egipte en die winste van Kus sal na jou toe oorgaan en sal joune wees, ook die mense van Seba, die groot mense. Hulle sal agter jou loop en jou volg in kettings, hulle sal diep voor jou buig en teenoor jou bely: “Waarlik, God is by jou, en daar is geen ander nie, daar is nie nog 'n God nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “Die produkte van Egipte, die handelswins van Kus, en die Sabeërs, daardie lang mense, sal na jou toe kom, aan jou sal dit behoort. Hulle sal agter jou aan loop, in kettings sal hulle aankom. Voor jou sal hulle diep neerbuig, by jou sal hulle biddend pleit, ‘Waarlik, by jou is God, en daar is geen ander nie, ja, geen ander God nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê vir die Israeliete: “Ek gee vir julle al die koring van die land Egipte en al die geld van die handelaars van die land Kus. Die groot manne van die land Seba sal kom. Julle sal hulle hande vasbind, en hulle sal voor julle buig en sê: ‘Regtig, God is by julle, en daar is nie 'n ander God nie, nie een nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: Jy sal alles wat Egipte het, in die hande kry. Die artikels waarmee Kus handel dryf, sal na jou toe kom. Die lang mense van Seba sal jou slawe word. Jy sal hulle met kettings boei en hulle wegvoer om vir jou te werk. Hulle sal voor jou buig en hulle sal erken: “Werklik, God is by julle. Daar is nie ’n ander God nie.”