Isaiah 45:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het hom opgewek in geregtigheid, en Ek sal al sy weë gelyk maak; hy sal my stad bou en my gevangenes laat gaan, nie vir prys of beloning nie, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het Kores opgeroep om reg te doen. Ek self maak ’n pad waarop hy sal loop. Hy sal my stad herstel, en my ballinge bevry. Hy sal nie beloon word vir wat hy doen nie, sê die Here, die Almagtige.”
Afrikaans 1933/1953 Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak; hy sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983 Ek het vir Kores te voorskyn laat tree om reg te laat geskied; Ek verwyder elke hindernis op sy pad. Hy sal my stad weer opbou en my ballinge terugstuur sonder dat hy betaling of 'n geskenk daarvoor ontvang, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is Ek wat hom opgewek het, met die oog op geregtigheid. Al sy paaie sal Ek gelyk maak. Dit is hy wat my stad sal herbou en my ballinge sal vrylaat, sonder 'n koopprys, sonder omkoopgeld,” sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir Kores gestuur om te doen wat Ek wil hê en Ek maak al sy paaie gelyk. Hy sal my stad weer bou en hy sal my mense laat terugkom, my mense wat nou in ander lande is. Niemand sal hom betaal om dit te doen nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het Kores na vore laat kom om geregtigheid te bring. Ek maak alles wat hy doen voorspoedig. Hy sal my stad Jerusalem herbou. Hy sal uit sy eie almal wat weggevoer is, laat teruggaan. Hy sal dit doen sonder dat hy daarvoor betaal word of omkoopgeld daarvoor kry. Dit is wat die Here sê wat oor alles regeer.