Isaiah 45:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek, my hande, het die hemel uitgespan, en Ek het al hulle leërskare beveel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die aarde gemaak en mense geskep om daarop te lewe. Met my eie twee hande het Ek die hemel uitgestrek. Al die miljoene sterre staan onder my bevel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek -- my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die aarde gemaak; die mensdom wat daarop is, het Ek geskep. Ek het met my hande die hemel oopgespan en Ek het aan al die hemelliggame hulle opdragte gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is Ek wat die wêreld gemaak het, en die mense daarop het Ek geskep. Ek, ja, my hande het die hemelruim oopgespan, en aan al die hemelliggame het Ek opdragte gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die aarde gemaak en die mense daarop. My hande het die hemeldak gemaak en Ek het dit styfgetrek soos 'n tent, en Ek het gesê al die sterre moet daar wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is Ek wat die aarde gemaak het. Ek het die mense wat op die aarde woon, gemaak. Ek het met my hande die hemelruim daar bo oopgespan. Alles wat daarin is, luister wat Ek hulle beveel. |