Isaiah 45:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE, die Heilige van Israel, en sy Maker: Vra My oor die toekomstige dinge oor my seuns, en beveel my aangaande die werk van my hande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Heilige en die Skepper van Israel, reageer so daarop: “Betwyfel julle wat Ek doen? Sê julle vir My wat Ek moet doen? |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe! |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here, die Heilige van Israel, die Skepper van Israel: Durf julle van My rekenskap vra oor wat gaan gebeur? Durf julle aan My voorskryf oor my kinders en oor die werk van my hande? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, die Heilige van Israel, wat hom gevorm het: “Die dinge wat kom – vra My daaroor! Oor my kinders en my handewerk moet julle My mos opdragte gee! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die Here wat praat, die Heilige God van Israel. Hy het Israel gemaak. Hy sê: “Hoekom vra julle wat sal gebeur en wie my kinders is? Hoekom wil julle vir my sê wat Ek moet doen? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here, die hoë God wat vir Israel ’n volk gemaak het, sê vir hulle: Wil julle My nou voor stok kry oor my kinders? Wil julle vir My kom beduie wat Ek moet doen? |