Isaiah 45:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee hom wat vir sy vader sê: Wat verwek jy? of vir die vrou: Wat het jy gebaar? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê: ‘Waarom het u ’n kind verwek?’ Of vir ’n vrou: ‘Hoekom het julle ’n kind in die wêreld gebring?’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee hom wat vir die vader sê: Waarom verwek u? en vir die vrou: Waarom het u weë? |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê: “Waarom verwek u 'n kind?” of vir sy ma: “Waarom bring u 'n kind in die wêreld?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee hom wat vir 'n vader sê: “Waarom verwek jy kinders?” of vir 'n vrou, “Waarom krimp jy ineen vir geboorte?” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal sleg gaan met iemand wat vir sy pa en sy ma sê: “Ek is julle kind, maar hoekom lyk ek so?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar wag teëspoed vir iemand wat sy pa verwyt omdat hy hom gemaak het. Daar wag moeilikheid vir iemand wat vir sy ma vra hoekom sy hom in die wêreld gebring het. |