Isaiah 45:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek vasgehou het, om nasies voor hom te onderwerp; en Ek sal die lendene van konings losmaak om die twee poorte voor hom oop te maak; en die poorte mag nie gesluit word nie;
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here vir Kores, sy gesalfde wie se regterhand Ek gevat het om nasies aan hom te onderwerp, konings se wapens af te vat en deure voor hom oop te maak wat nie weer gesluit sal word nie:
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
Afrikaans 1983 So sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores, vir wie Hy as heerser aangestel het, aan wie Hy nasies onderwerp en voor wie Hy konings hulle wapens laat neerlê, voor wie Hy deure oopmaak en poorte nie gesluit laat bly nie:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ So sê die Here vir sy gesalfde, vir Kores, wie se regterhand Ek vasgegryp het om nasies voor hom te verslaan, deur konings te ontwapen om voor hom deure oop te maak, sodat poorte nie vir hom gesluit sal bly nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here praat met Kores, die man wat Hy gesalf het. Die Here het hom gehelp om volke te oorwin. Konings het opgehou om oorlog te maak teen Kores en die poorte van stede het vir hom oopgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here laat Kores regeer. Hy maak hom sterk. Hy gee vir hom die krag om ander nasies voor hom te laat buig. Hy laat konings hulle wapens voor hom neerlê. Geen stad kan hom uit hou nie. Hy breek hekke oop om stede binne te val. Die Here sê vir hom: