Isaiah 44:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle wat 'n gesnede beeld maak, is almal nietigheid; en hulle lieflike dinge sal geen nut wees nie; en hulle is hulle eie getuies; hulle sien nie en weet nie; dat hulle beskaamd kan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat beelde van hulle gode vervaardig, is niks! En die duur beelde wat hulle maak, is niks! Hulle is getuies dat dit so is, want hulle beelde sien niks en weet niks. Geen wonder mense wat gode aanbid, kom in die skande nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies -- die sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat afgodsbeelde maak, is self almal niks; die dierbare gode van hulle kan nie help nie. Dié wat vir hulle moet getuig, kan nie sien nie, kan nie verstaan nie; dié wat sulke gode het, word teleurgestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dié wat gesnede beelde vorm, hulle almal is nietig. Hulle geliefde maaksels baat hulle niks nie. Hulle getuig self oor hulle gode, ‘Hulle sien niks nie en weet niks nie,’ sodat hulle beskaamd staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Al die mense wat beelde maak, is self niks. Hulle is lief vir die beelde, maar die beelde beteken niks. Hulle sê die beelde is gode, maar hulle sal teleurgesteld wees, want die beelde kan nie sien nie en hulle weet niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié wat afgodsbeelde maak, is niks werd nie. Hulle gunstelinggode bring vir hulle geen voordeel nie. Dié wat hulle gode verdedig, is blind en onnosel. Hulle gaan nog baie skaam kry. |