Isaiah 44:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wie, soos Ek, sal roep, en sal dit verkondig en dit vir My instel, vandat Ek die ou volk aangestel het? en die dinge wat kom en sal kom, laat dit hulle te kenne gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie is daar wat kan vertel wat in die toekoms gaan gebeur? Laat hulle dit verklaar. Laat hulle verduidelik wat gebeur het vandat Ek my volk gevestig het. En laat hulle verduidelik wat nog gaan gebeur.
Afrikaans 1933/1953 En wie roep soos Ek -- laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê -- vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.
Afrikaans 1983 Wie soos Ek is, laat hom dit sê, laat hom sy saak stel en dit aan My voorlê; laat hom 'n verklaring gee van wat gebeur het vandat Ek my volk lank gelede gemaak het en ook van wat sal gebeur; laat hy vertel van die dinge wat kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is soos Ek? Laat hy dit uitroep! Hy moet die saak stel, dit aan My voorlê, aangesien Ek die oeroue volk gevestig het. Toekomstige gebeure en wat daarna sou volg, moes hulle vir die volk aangekondig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wie is soos Ek? As daar 'n ander God is, dan moet hy praat. Hy moet vir My sê wat het gebeur vandat Ek lank gelede my volk gemaak het, en Hy moet sê wat nog sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand dink dat hy soos Ek is, moet hy dit sê. Hy moet dit kom bewys. Hy moet kom sê wat in die verlede met my volk gebeur het. Hy moet ook sê wat nog alles met hulle gaan gebeur.