Isaiah 44:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Iemand sal sê: Ek behoort aan die HERE; en 'n ander sal hom by die naam van Jakob noem; en 'n ander moet met sy hand die HERE teken en hom by die naam van Israel noem.
Afrikaans (NLV) 2011 Party sal trots sê: ‘Ek behoort aan die Here.’ Ander sal sê: ‘Ek is ’n afstammeling van Jakob.’ Sommige sal die Here se Naam op hulle hande skryf en die naam van Israel aanneem.”
Afrikaans 1933/1953 Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
Afrikaans 1983 Die een sal sê: “Ek behoort aan die Here,” en homself 'n nakomeling van Jakob noem; die ander sal op sy hand skryf: Die Here S'n en homself 'n lid van die volk Israel noem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een sal sê, ‘Aan die Here behoort ek,’ en 'n ander een sal die naam van Jakob uitroep. Nog een sal op sy hand skryf, ‘Die Here s'n,’ en homself die naam Israel gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal sê: ‘Ons behoort aan die Here,’ en hulle sal dit op hulle hande skryf. Hulle sal hulleself noem ‘die nageslag van Jakob, die volk Israel.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die een sal sê: “Ek behoort aan die Here.” Die ander sal sê: “Ek is ’n afstammeling van Jakob.” Nog ’n ander een sal op sy hand skryf: “Die Here s’n.” En ’n ander een sal homself ’n Israeliet noem.