Isaiah 44:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal water giet op hom wat dors het, en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou nageslag giet en my seën op jou nageslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want Ek sal jou water gee, genoeg om jou dors te les en jou droë lande nat te lei. Ek sal my Gees op jou kinders uitstort, en my seëninge op jou nageslag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want Ek sal dit laat reën op die droë grond, daar sal strome water vloei. Ek sal my Gees na julle nageslag toe stuur en Ek sal hulle seën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal water gee in die plekke waar dit baie droog is. Daar sal waterstrome loop waar die grond uitgedroog is. Ek sal my Gees in jou kinders laat kom. Ek sal krag gee vir jou nageslag. |