Isaiah 44:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal al my behae vervul, en aan Jerusalem sê: Jy sal gebou word; en na die tempel: U fondament sal gelê word.
Afrikaans (NLV) 2011 En wanneer Ek van Kores sê: ‘Hy sal my herder wees,’ sal hy alles doen wat Ek sê. Van Jerusalem sal hy sê: ‘Dit moet herbou word!’ Van die tempel sal hy sê: ‘Die fondamente moet herstel word.’”
Afrikaans 1933/1953 wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.
Afrikaans 1983 Ek sê vir Kores: Ek het jou as herder aangestel, jy moet my wil uitvoer, jy moet van Jerusalem sê: “Hy moet weer opgebou word en die tempel moet herstel word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die Een wat oor Kores sê, ‘Hy is my herder; en alles wat Ek wil, sal hy uitvoer,’ deur oor Jerusalem te sê, ‘Sy sal herbou word,’ en die •tempel – ‘sy fondament sal gelê word.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Ek sê vir Kores hy moet my skape, my volk, oppas. Hy sal doen wat Ek wil hê hy moet doen. Hy sal vir Jerusalem sê: Die mense moet jou weer bou, en hy sal vir die tempel sê: Hulle moet jou fondamente weer bou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek beveel Kores om koning te wees. Hy moet alles laat gebeur wat Ek wil hê. Hy moet opdrag gee dat Jerusalem weer opgebou word en dat die tempel se fondament weer gelê moet word.