Isaiah 44:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat die woord van sy kneg bevestig en die raad van sy boodskappers uitvoer; wat vir Jerusalem sê: Jy sal bewoon word; en aan die stede van Juda: Julle sal gebou word, en Ek sal die vervalle plekke daarvan oprig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek bevestig die woorde van my profete en vervul die voorspellings van my boodskappers wanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’ Van hulle ruïnes sê Ek: ‘Ek sal hulle herstel.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig; |
| Afrikaans 1983 | Ek bevestig die woorde van my dienaar, Ek bring wat my boodskappers aangekondig het, tot vervulling. Ek sê van Jerusalem: Hy moet weer bewoon word, en van die stede van Juda: Hulle moet weer opgebou word, en Ek self bou Jerusalem se ruïnes weer op. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat die woord van sy dienskneg bevestig, wat die plan van sy boodskappers uitvoer, die Een wat oor Jerusalem sê, ‘Sy sal bewoon word,’ en oor die dorpe van Juda, ‘Hulle sal herbou word, Ek sal sy puinhope weer oprig,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê my dienaar het die waarheid gepraat, en alles sal gebeur wat my boodskappers gesê het. Ek sê vir Jerusalem: Daar sal weer mense in jou woon, en Ek sê vir die stede van Juda: Mense sal julle weer bou. Jerusalem is nou net 'n hoop klippe, maar Ek self sal Jerusalem weer bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek laat die dinge gebeur wat my dienaar vir julle sê nog gaan gebeur. Ek laat dit waar word wat my boodskapper vir julle gesê het. Ek sê vir julle dat daar weer mense in Jerusalem sal bly. Die dorpe in Juda sal herbou word. Ek sal die bouvalle van Jerusalem weer opbou. |