Isaiah 44:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat die tekens van die leuenaars verydel en waarsêers gek maak; wat wyse manne agteruit laat gaan en hulle kennis dwaas maak;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek stel vals profete as leuenaars aan die kaak, Ek ontbloot waarsêery as gekheid, Ek onthul kennis van wyses as dwaasheid.
Afrikaans 1933/1953 wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak;
Afrikaans 1983 Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak, Ek maak die waarsêers belaglik. Ek weerlê dié geleerde mense, Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat die voortekens van orakelpriesters verydel, wat van voorspellers gekke maak, wat wyses laat terugdeins en hulle kennis belaglik maak,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wys vir die mense dat hulle niks weet nie, die mense wat sê wat sal gebeur. Almal sal lag vir die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wys hoe verkeerd mense is wat die toekoms voorspel. Ek maak die fortuinvertellers belaglik. Ek wys vir dié wat dink dat hulle verstandig is hoe dwaas hulle eintlik is. Ek laat dié wat dink dat hulle slim is, insien hoe dom hulle werklik is.