Isaiah 44:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles maak; wat die hemel alleen uitstrek; wat die aarde alleen uitbrei; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sê die Here, jou Redder wat jou in die moederskoot gevorm het: “Ek is die Here wat alles geskep het. Ek alleen het die hemel oopgespan. Ek alleen het die aarde gevorm. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei -- wie was met My? -- |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, jou losser, Hy wat jou in die moederskoot al gevorm het: “Ek is die Here wat alles gemaak het, wat alleen die hemel oopspan, wat die aarde uitbrei – wie was by My? – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die Here wat praat. Hy het julle vrygemaak, Hy het vir julle liggame gegee voordat julle gebore is. Hy sê: “Ek is die Here, Ek het alles gemaak, Ek alleen het die hemeldak gemaak, Ek het dit styfgetrek soos 'n tent. Niemand was by My toe Ek die aarde gemaak het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat jou vrygemaak het, wat jou van kleins af sy volk gemaak het, sê: Ek is die Here wat alles gemaak het. Ek het die blou lug daar bo oopgespan. Ek laat die aarde uitstrek na alle kante toe. Ek het dit gemaak sonder dat iemand My gehelp het. |