Isaiah 44:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het jou oortredinge uitgedelg soos 'n dik wolk, en soos 'n wolk jou sondes; keer terug na My toe; want Ek het jou verlos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het jou sondes weggevee soos wolke verdwyn. Ek het jou oortredings soos wolke laat verdwyn. Keer terug na My toe, want Ek het die prys betaal om jou vry te koop.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos. |
| Afrikaans 1983 | Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het jou oortredings soos 'n newel, jou sondes soos 'n wolk weggevee. Keer terug na My, want Ek het jou losgekoop.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle was opstandig, julle het baie sonde gedoen, maar Ek het dit alles laat verdwyn soos 'n miswolk. Kom terug na My toe, want Ek het julle vrygemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het jou oortredings soos mis voor die son laat verdwyn. Ek het jou sondes soos ’n wolk laat verdamp. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos. |