Isaiah 44:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink daaraan, o Jakob en Israel! want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg; o Israel, jy sal van My nie vergeet word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Onthou hierdie dinge, Jakob, want jy is my dienaar, Israel. Ek het jou gemaak. Jy is my dienaar. Ek sal nie vergeet om jou te red nie, Israel.
Afrikaans 1933/1953 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.
Afrikaans 1983 Dink hieraan, Jakob, dink hieraan, Israel, want jy is my dienaar; Ek het jou gemaak, jy is my dienaar. Ek sal jou nie verlaat nie, Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Onthou die volgende, Jakob, ja, Israel, want jy is my dienskneg: Ek het jou gevorm, my dienskneg is jy. Israel, vir My is jy nie vergete nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nageslag van Jakob, Israeliete, julle moet hieraan dink, want julle is my dienaars. Ek het julle gemaak, julle is my dienaars, Ek sal julle nie vergeet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob, jy moet ’n bietjie hieroor gaan nadink. Israel, jy moet onthou dat jy aan My behoort. Jy moet My dien. Ek sal jou nooit in die steek laat nie, Israel.