Isaiah 44:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy voed op as; 'n bedrieglike hart het hom afgewend, sodat hy sy siel nie kan red en nie kan sê: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
Afrikaans (NLV) 2011 So ’n persoon bou sy lewe op as. Hy laat hom verlei en kan homself nie red nie. En tog kom hy nie sover om te besef nie: “Wat ek in my hand vashou, is niks anders nie as ’n leuen!”
Afrikaans 1933/1953 Hy wat hom besig hou met as, 'n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
Afrikaans 1983 Iemand wat hom met as besig hou, laat hom mislei deur sy eie verdraaide opvattings. Hy kan homself nie red nie, hy vra homself nie af: “Is dit nie 'n leuen waarmee ek my besig hou nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “So iemand bemoei hom met as; sy hart is mislei en verlei hom. Hy kan homself nie losruk of vra, ‘Is dit nie dalk 'n stuk bedrog hier in my regterhand nie?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat dit doen, kul homself, hy kan homself nie red nie. Hy besef nie dat die god wat hy van hout gemaak het, kan verbrand nie, dit beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat hom ophou met hout wat verbrand het, kan nie meer mooi dink nie. Hy kan nie meer op ’n afstand gaan staan en vir homself vra: “Is ek nie besig om myself te bedrieg as ek so maak nie?”