Isaiah 44:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE, wat jou gemaak en jou gevorm het van die moederskoot af, wat jou sal help; Wees nie bevrees nie, o Jakob, my kneg; en jy, Jesurun, wat Ek uitverkies het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here sê, Hy wat jou gemaak het, wat jou gevorm het in jou moeder se skoot, en jou steeds help: Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob, Jesurun wat Ek gekies het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesurun wat Ek uitverkies het! |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here wat jou gemaak het, Hy wat jou gevorm het in die moederskoot en jou nou nog help: Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob, Jesurun wat Ek uitverkies het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, wat jou gemaak, jou in die moederskoot al gevorm het, wat jou help: “Moenie bang wees nie, my dienskneg Jakob, ja, Jesurun, wat Ek uitgekies het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die Here wat praat, Hy wat vir julle gemaak het, wat vir julle liggame gegee het voordat julle gebore is, dit is Hy wat vir julle help. Die Here sê: “Nageslag van Jakob, my dienaars, nageslag van Jesurun, Ek het julle gekies, julle moenie bang wees nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het jou gemaak. Hy het jou nog altyd gehelp vandat Hy jou in die lewe gebring het. Hy sê vir jou: Jy moenie bang wees nie, Jakob. My liewe Jesurun wat Ek gekies het om aan My te behoort, jy hoef nie te vrees nie. |