Isaiah 44:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En niemand slaan in sy hart op nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê: Ek het 'n deel daarvan met vuur verbrand; ja, ook het ek brood op sy kole gebak; Ek het vleis gebraai en dit geëet, en sal ek die oorblyfsel daarvan 'n gruwel maak? sal ek op die stam van 'n boom val? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mens wat die afgode gemaak het, gaan sit nie en dink bietjie na nie: “Die helfte van die hout het ek verbrand. Op die kole het ek brood gebak, ek het vleis gebraai en geëet. Hoe kan die res daarvan ’n god wees? Moet ek dan voor ’n stuk hout neerbuig en dit aanbid?” |
| Afrikaans 1933/1953 | en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan 'n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor 'n stuk hout? |
| Afrikaans 1983 | Hulle kom nie tot besinning nie, hulle het te min kennis en verstand om te sê: “'n Gedeelte van die hout het ek verbrand, ek het op die kole kos gaar gemaak, ek het vleis gebraai en geëet, en moet ek nou van wat oor is 'n afskuwelike afgod maak, moet ek voor 'n stuk hout buig?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle neem dit nie ter harte nie, en het nie die kennis of insig om te kan dink nie: Die helfte daarvan het ek in die vuur verbrand; ek het ook op die kole daarvan brood gebak en vleis gebraai en dit geëet. En wat daarvan oor is – tot iets afstootliks maak ek dit; voor 'n stuk hout kniel ek neer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle is baie dom, hulle het nie gedink dat hulle vuur gemaak het met party van die hout en brood gebak het op die kole en vleis gebraai en geëet het, en dat hulle 'n afgod gemaak het van die hout wat oorgebly het, en dat hulle nou buig voor 'n droë stuk hout nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit kom nie eens by hulle op om ’n oomblik na te dink en vir hulleself te sê nie: “Ek het dan met die een helfte vuur gemaak om brood te bak en vleis gaar te maak, hoe kan ek nou die ander helfte gebruik om ’n afgod van te maak? Ek bid mos nou tot ’n stuk hout!” |