Isaiah 44:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het nie geweet en verstaan nie, want Hy het hulle oë toegesluit, sodat hulle nie kan sien nie; en hulle harte, dat hulle nie kan verstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Kan mense so onnosel wees! Hulle verstaan niks! Dis asof hulle oë en verstand toegepleister is sodat hulle niks kan sien of verstaan nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;
Afrikaans 1983 Sulke mense weet nie wat hulle doen nie, hulle het nie insig nie, hulle oë is toegepleister, hulle sien nie, niks dring tot hulle verstand deur nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hulle besef dit nie, hulle het nie insig nie; want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie kan sien nie, hulle harte, sodat hulle nie kan begryp nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat dit doen, is baie dom. Hulle oë is toe en hulle weet nie wat hulle doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle verstaan glad nie wat hulle besig is om te doen nie. Hulle oë is bottoe. Hulle sien en verstaan glad nie wat besig is om met hulle te gebeur nie.