Isaiah 44:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die oorblyfsel daarvan maak hy 'n god, sy gesnede beeld; hy val daarop neer en aanbid dit en bid tot dit en sê: Verlos my! want U is my god. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit wat oorbly van die hout gebruik hy vir ’n afgodsbeeld. Hy buig voor dit en aanbid dit. Hy bid tot dit en sê: “Red my tog, want jy is my god!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En van wat oor is, maak hy 'n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god! |
| Afrikaans 1983 | Van die hout wat oorbly, maak hy 'n god, 'n beeld, hy buig voor hom en aanbid hom, hy bid tot hom en sê: “Red my, want jy is my god!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die res daarvan verwerk hy tot 'n god, tot sy afgodsbeeld. Hy kniel daarvoor neer, buig daarvoor in aanbidding, aanbid dit en sê, ‘Red my, want u is my god!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die hout wat oorbly, maak hy 'n god. Hy buig voor die beeld en hy bid tot die beeld en sê: ‘Red my, want jy is my god.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die hout wat nog oor is, gaan maak hy dan vir hom ’n afgodsbeeld. Hy buig voor die beeld neer en aanbid dit. Hy bid tot die beeld en hy sê: “Jy is my god. Jy moet my red!” |