Isaiah 44:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy verbrand 'n deel daarvan met vuur; met 'n deel daarvan eet hy vleis; hy braai gebraai en word versadig; ja, hy maak homself warm en sê: Aha, ek is warm, ek het die vuur gesien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die helfte van die hout verbrand hy in die vuur. Hierop berei hy sy kos voor, en eet genoeg daarvan. Hy verwarm hom en sê: “Hoe lekker warm kry ek as ek na die vuur kyk!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand: by die een helfte eet hy vleis, hy maak braaivleis klaar en word versadig; ook maak hy hom warm en sê: Ha, ek het warm geword, ek het vuur gesien! |
| Afrikaans 1983 | 'n Deel van die hout verbrand hy: hy maak kos daarmee gaar, hy braai vleis en eet tot hy genoeg het; hy maak hom ook warm en sê: “Dis lekker! Ek is warm, ek geniet die vuur!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die helfte daarvan verbrand hy in 'n vuur; op hierdie helfte is vleis wat hy kan eet; hy braai dit en word versadig. Hy maak hom ook warm en sê, ‘A! Ek word warm; ek sien die gloed van 'n vuur!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy maak vuur met party van die hout, en dan braai hy vleis en eet totdat hy genoeg geëet het. Hy maak hom warm en hy sê: ‘Ek het lekker warm geword, die vuur het lig gemaak, en ek kon sien.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met die een helfte maak hy vuur. Hy braai vleis daarop en eet tot hy versadig is. Hy sit by die vuur om homself warm te maak. Hy sê ewe tevrede: “Ai, ek kry nou lekker warm. Dis lekker hier by die vuur.” |