Isaiah 44:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy kap vir hom seders af en neem die sipres en die terpentynboom wat Hy vir hom versterk tussen die bome van die woud; hy plant 'n as, en die reën voed dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ambagsman kap seders af. Hy kies ’n sipres of eik. Hy laat dit groei tussen die bome in die bos. Of hy plant ’n lourier, en die reën laat dit groei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Een gaan sederbome afkap, en hy neem 'n steeneik of 'n eikeboom en laat een vir hom opgroei onder die bome van die bos. Hy het 'n pynboom geplant, en die reën het dit grootgemaak. |
| Afrikaans 1983 | Die ambagsman kap vir hom seders af, of hy kies sipresse of eike en laat hulle groot word in die bos, of hy plant 'n lourierboom, en die reën laat dit groot word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was vir hom nodig om seders af te kap; hy het 'n kroonden of 'n eik geneem, hy het dit tussen die bome in die bos laat groei. Of hy het 'n sparboom geplant, en die reën het dit laat groei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man kap 'n sederboom af, of hy kies 'n ander boom en hy wag totdat die boom groot word tussen die ander bome in die bos, of hy plant 'n boom, en die boom word groot as dit reën. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hout wat hy gebruik, kom van ’n sederboom wat hy afgekap het. Hy kon ook ’n sipresboom of eikeboom gevat het. Hy laat vir hom bome in die bos grootword. Hy plant hulle en wag dat die reën hulle grootmaak. |