Isaiah 44:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die timmerman span sy heerskappy uit; hy bemark dit met 'n lyn; hy pas dit met vlakke aan, en hy bemark dit met die kompas en maak dit na die figuur van 'n mens, volgens die skoonheid van 'n mens; dat dit in die huis kan bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die timmerman wat hout gebruik, meet met ’n maatlyn en merk die buitelyne van die beeld. Hy gebruik beitels en merk dit met passers. Hy vorm die beeld van ’n mens, ’n pragtige beeld, geskik om in ’n tempel te staan! |
| Afrikaans 1933/1953 | Die timmerman span 'n lyn; hy trek hom af met 'n potlood; hy bewerk hom met skawe en teken hom met 'n passer en maak hom na die beeltenis van 'n man, na die skoonheid van 'n mens, om in 'n huis te woon. |
| Afrikaans 1983 | Die ambagsman wat hout gebruik, meet met sy maatlyn en merk die beeld se buitelyne af. Hy bewerk hom met beitels en trek sy mate met 'n passer af. Hy maak hom in die vorm van 'n mens, 'n pragtige mens wat in 'n huis moet woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skrynwerker span 'n maatlyn; hy merk die buitelyne af met 'n griffel. Hy werk aan die hout met kerfmesse, merk in sirkels die buitelyne af. Hy maak dit in die vorm van 'n man, 'n pragstuk van 'n mens, om in 'n huis te woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man wat met hout kan werk, meet die hout en hy teken die beeld. Hy kap en meet totdat die beeld soos 'n mens lyk, 'n mooi mens, en dan sit hy die beeld in 'n tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die kunstenaar wat met hout werk, meet ’n stuk hout af en merk die buitelyne daarop uit met ’n potlood en ’n passer. Hy gebruik sy beitel en kerf uit die hout iets wat soos ’n mens lyk. Dit word ’n pragtige beeld wat lyk soos ’n mens wat in ’n huis woon. |