Isaiah 44:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die smid met die tang bewerk die kole en bewerk dit met hamers en bewerk dit met die krag van sy arms; ja, hy is honger, en sy krag neem op; hy drink geen water nie en is moeg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ystersmid vat gereedskap en werk daarmee in die kole. Hy vorm ’n beeld met hamers en smee ’n beeld met die krag van sy arm. Hy word honger en sy krag word minder. Hy drink nie water nie en word uitgeput.
Afrikaans 1933/1953 Die ystersmid het 'n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.
Afrikaans 1983 Die ystersmid vat 'n stuk gereedskap en werskaf in die gloeiende kole. Met hamers vorm hy die beeld, met sy gespierde arm maak hy die beeld: die smid eet nie en word swak, hy drink nie water nie en raak uitgeput.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die ystersmid slyp sy gereedskap, en werk met gloeiende kole. Met hamers vorm hy iets en bewerk dit met sy kragtige voorarm. Hy word selfs honger en is sonder krag; hy drink nie water nie en raak uitgeput.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man wat met yster kan werk, maak die yster warm in die vuur en hy slaan die yster met 'n hamer en hy maak 'n beeld met sy sterk hande. Hy word ook honger en moeg en baie dors.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die smid werk met sy gereedskap en bewerk die yster in die vuur. Hy vorm die beeld met sy hamer op die aambeeld. Met sy gespierde arm slaan hy dit in die vorm wat hy dit wil hê. Maar hy is ook maar net ’n mens. Hy word ook maar honger en moeg. As hy nie water drink nie, raak hy ook maar uitgeput.