Isaiah 44:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, al sy maats staan beskaamd, en die arbeiders, hulle is uit mense; laat hulle almal bymekaarkom, laat hulle opstaan; tog sal hulle vrees en saam beskaamd staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal wat so ’n god vereer, kom in die skande. Die mense wat die gode maak, dink hulle maak ’n god. Hulle sal almal saam verleë staan en ontsteld en skaam wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, al sy aanhangers sal beskaamd staan; en die ambagsmanne is uit die mense! Laat hulle almal bymekaarkom, gaan staan, verskrik wees, tesame beskaamd staan! |
| Afrikaans 1983 | Almal wat so 'n god aanhang, word teleurgestel: dit is gode wat deur mense gemaak is. Wanneer dié wat hulle aanhang, bymekaarkom vir 'n beslissing, staan hulle verbyster en verleë. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, al sy aanhangers staan beskaamd; en die vakmanne, hulle is bloot mense. Hulle kom almal byeen, neem hulle plekke in, raak vreesbevange, staan saam beskaamd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat so 'n god aanbid, sal teleurgesteld wees. Dit is mense wat die god gemaak het, en dan kom hulle bymekaar en wag dat die god iets moet sê, maar hulle hoor niks en hulle is teleurgesteld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen wat afgodsbeelde maak, gaan maar sleg daarvan afkom. Dit is goed wat deur mense gemaak is. As hulle bymekaarkom en voor die beelde kom staan, gaan hulle geskok wees en skaam kry vir wat hulle doen. |