Isaiah 43:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat al die nasies bymekaarkom, en laat die volke bymekaarkom; wie van hulle kan dit verkondig en ons vorige dinge te kenne gee? laat hulle hul getuies na vore bring, dat hulle geregverdig kan word; of laat hulle hoor en sê: Dit is waarheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat al die nasies bymekaarkom, almal moet teenwoordig wees. Watter een van die afgode kon ooit so iets voorspel? Wie kan vooraf sê wat môre sal gebeur? Laat hulle hulle getuies roep om te bewys hulle was reg sodat ander dit kan hoor en sê: “Dit is waar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid! |
| Afrikaans 1983 | Laat al die nasies bymekaarkom. Al die volke moet teenwoordig wees. Watter afgod kan hierdie dinge so aankondig? Wie kon vooraf sê wat gebeur het? Laat hulle hulle getuies bring dat dié hulle saak bewys, en dié wat luister, kan sê: Dit is waar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die nasies is byeengebring, die volke het bymekaargekom. Wie onder hulle kan die saak stel, vir ons die dinge van vroeër verklaar? Hulle moet hulle getuies bring, sodat hulle gelyk gegee kan word. Die getuies moet luister, sodat hulle kan sê: “Dit is waar.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die volke moet hier bymekaarkom. Is daar een god by hulle wat kon sê wat sal gebeur of wat lank gelede gebeur het? As daar so 'n god is, dan moet hy praat en hy moet bewys dat hy 'n god is. Almal moet dit hoor en sê: ‘Hy praat die waarheid.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat al die nasies bymekaarkom. Maak die volke bymekaar vir ’n hofsitting. Watter god onder hulle kan dinge voorspel? Watter een kan vooraf sê wat gaan gebeur? Laat hulle hulle getuies bring wat dit kan bewys. Laat die een wat hulle verhoor, besluit of hulle die waarheid praat. |