Isaiah 43:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou nageslag uit die ooste bring en jou versamel uit die weste; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou en jou kinders bymekaarbring vanaf die ooste en hulle versamel uit die weste. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. |
| Afrikaans 1983 | Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Uit die ooste bring Ek jou nageslag, uit die weste maak Ek jou bymekaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle, Ek sal julle en julle kinders bymekaarmaak en Ek sal julle bring uit die ooste en uit die weste. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moenie bang wees nie, want Ek staan langs jou. Ek sal jou nageslag uit die ooste uit laat terugkom. Ek sal hulle bymekaarmaak uit die weste uit. |