Isaiah 43:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aangesien jy kosbaar was in my oë, was jy eerbaar, en Ek het jou liefgehad; daarom sal Ek mense vir jou gee en mense vir jou lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is, omdat Ek jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, in ruil vir jou lewe.
Afrikaans 1933/1953 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Afrikaans 1983 Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat jy kosbaar is in my oë, geëer is, omdat Ek die Een is wat jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek gee ander volke in julle plek, want julle is baie belangrik vir My, en Ek is lief vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ander mense in jou plek laat doodgaan. Ek het ander volke laat doodgaan sodat jy kan bly lewe. Jy is so dierbaar vir My. Jy is belangrik vir My. Ek is baie lief vir jou.