Isaiah 43:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek is die HERE jou God, die Heilige van Israel, jou Redder: Ek het Egipte as jou losprys gegee, Ethiopië en Seba vir jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte, Kus en Seba as ’n losprys vir jou vryheid.
Afrikaans 1933/1953 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Afrikaans 1983 want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou verlosser. Ek gee Egipte as jou losprys, Kus en Seba gee Ek in jou plek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Ek is julle God die Here, Ek is die Heilige God van Israel wat julle red. Ek gee die mense van die lande Egipte, Kus en Seba in julle plek sodat julle vry kan word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is mos die Here jou God wat vir jou sorg. Die hoë God van Israel red jou. Ek het Egipte ter wille van jou opgeoffer. Ek het Kus en Seba vir jou geruil en hulle gestraf.