Isaiah 43:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is dit wat u oortredinge ter wille van My uitwis en aan u sondes nie dink nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nie weer daaraan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie. |
| Afrikaans 1983 | En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek, ja, Ek is die Een wat ter wille van Myself jou oortredings telkens uitgewis het, jou sondes nie in herinnering geroep het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek is die God wat julle vergewe dat julle opstandig is teen My en Ek dink nie aan julle sondes nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek is die Een wat jou oortredings afskryf omdat dit is soos Ek is. Ek dink nie verder aan alles wat jy verkeerd gedoen het nie. |