Isaiah 43:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het vir my geen soet riet met geld gekoop nie, en U het my nie versadig met die vet van u slagoffers nie; maar U het my laat dien met u sondes, U het my vermoei met u ongeregtighede.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het nie soet wierookoffers vir My gekoop nie. Julle het My nie versadig met die vet van julle offers nie. In die plek daarvan het julle My belas met julle sondes. Julle het My moeg gemaak met julle misdade.
Afrikaans 1933/1953 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.
Afrikaans 1983 Jy het nie geld uitgegee om vir My wierookoffers te koop nie, en jy het My nie met die vet van offers verkwik nie. Inteendeel, jý het Mý belas met jou sondes, jy het My moeite aangedoen met jou oortredinge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het nie vir My met geld kalmoes gekoop nie; met die vet van jou slagoffers het jy My nie verkwik nie. Nee, jy het My met jou sondes belas, My met jou sondeskuld vermoei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het nie kalmoes gekoop en vir My die vetste stukke van julle offer-vleis gegee nie, nee, julle het My moeg laat word oor al julle sondes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het nooit lekkerruikoffers vir My gekoop of My bly gemaak met die vet van jou diere wat jy vir My geslag het nie. Om die waarheid te sê, jy het al jou verkeerde dinge op My kom aflaai. Jy het My moeg gemaak met jou oortredings.