Isaiah 43:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het vir my nie die kleinvee van u brandoffers gebring nie; en U het My nie geëer met u offers nie. Ek het jou nie met 'n offer laat dien nie en jou nie vermoei met reukwerk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het nie skape gebring as brandoffers vir My, of My vereer met jou offers nie. Ek het jou nie belas met graanoffers of jou vermoei met wierookoffers nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy het nie vir My kleinvee as brandoffers gebring, My nie met offers vereer nie; Ek het jou nie belas met graanoffers nie, jou nie die moeite aangedoen om vir My wierookoffers te bring nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy het nie vir My die kleinvee van jou •brandoffers gebring nie; met jou slagoffers het jy My nie vereer nie. Ek het jou nie belas met •graanoffers nie, jou nie vermoei deur wierook te eis nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het nie brand-offers van skape of bokke gebring om Mý te eer nie. Ek het julle nie hard laat werk om ete-offers vir My te bring nie, Ek het julle nie moeg gemaak om vir My wierook-offers te bring nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het nie vee gebring om vir My te slag nie. Jy het nie offers gebring om My te kom vereer nie. Ek het nie daarop aangedring dat jy offers sal kom slag om saam met My te eet nie. Ek het jou nie forseer om wierookoffers vir My te bring nie. |