Isaiah 43:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die uile, want Ek gee waters in die woestyn en riviere in die woestyn om te drink aan my volk, my uitverkorene. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wilde diere sal dankbaar wees daaroor. Die jakkalse en die volstruise sal bly wees omdat Ek vir hulle water in die woestyn gee. Ek maak fonteine in die woestyn sodat my uitverkore volk hulle dors kan les. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink. |
| Afrikaans 1983 | Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wilde diere sal My eer, die jakkalse en steenuile, omdat Ek water in die woestyn, ja, riviere in die wildernis gee, om my uitverkore volk te laat drink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wilde diere sal My eer, ook die jakkalse en volstruise, want Ek gee water in die woestyn, sodat die volk wat Ek gekies het, water sal hê om te drink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die jakkalse en die volstruise, al die wilde diere in die veld sal daarvoor vir My kom dankie sê. Ek het water in die woestyn gegee vir hulle om te drink. Ek het riviere deur eensame gedeeltes laat loop sodat die volk wat Ek vir My gekies het, daaruit kan drink. |