Isaiah 43:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat die wa en perd, die leër en die mag uitbring; hulle sal saam gaan lê, hulle sal nie opstaan nie: hulle is uitgesterf, hulle is uitgeblus soos sleep.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy wat die sterk leër van Egipte met al sy strydwaens en perde opgeroep het, en hulle almal laat verdrink het sodat hulle doodgeblaas is soos ’n kers.
Afrikaans 1933/1953 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof.
Afrikaans 1983 Hy wat strydwaens en perde laat optrek het, 'n leër op volle sterkte na sy ondergang toe. Hulle kon nie weer opstaan nie, dit was klaar met hulle, hulle is soos 'n lamppit uitgedoof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat strydwaens en perde laat opruk, 'n leërmag, ja, 'n magtige een – saam lê hulle daar, hulle staan nie op nie; hulle is geblus, soos 'n lamppit uitgedoof –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en wat oorlogkarre en perde gestuur het, en ook baie en sterk soldate. Maar hulle is dood, hulle lê daar. Hulle sal nie weer opstaan nie, hulle is weg, soos die vlam van 'n lamp wat dood is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het perde en oorlogswaens, ’n hele leërmag, vernietig. Hulle het tot ’n val gekom. Hulle sal nooit weer daar opstaan nie. Dit is verby met hulle soos ’n lamp wat doodgeblaas is.