Isaiah 43:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE, julle Verlosser, die Heilige van Israel; Om jou ontwil het Ek na Babel gestuur en al hulle edeles en die Chaldeërs, wie se geroep in die skepe is, laat neerkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sê die Here julle Verlosser, die Heilige van Israel: “Ter wille van julle stuur Ek ’n leërmag na Babel. Dan sal die Babiloniërs moet vlug in dieselfde skepe waarop hulle so trots is.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.
Afrikaans 1983 So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil stuur Ek iemand teen Babel en laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs, vlug met dieselfde skepe waarop hulle hulle vroeër beroem het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here, julle losser, die Heilige van Israel: “Ter wille van julle stuur Ek iemand na Babel; Ek laat vlugtelinge ondergaan, almal van hulle, die Galdeërs, op die skepe waaroor hulle jubel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here praat, die Here wat julle vrygemaak het, die Heilige God van Israel, Hy sê: “Ek het 'n man gestuur om die stad Babel aan te val. Ek het dit gedoen om júlle te help. Die mense van Babel sal huil, hulle sal op hulle skepe klim en vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hoë God van Israel wat jou red, die Here, het gesê: Ek stuur iemand om teen Babel te gaan veg, sodat julle gered kan word. Ek laat die Galdeërs wat daar woon, vlug. Hulle vlug in die skepe waarmee hulle so gespog het.