Isaiah 43:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het verkondig en verlos en laat sien toe daar geen vreemde god onder julle was nie; daarom is julle my getuies, spreek die HERE, dat Ek God is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die verlossing aangekondig. Ek het eers gesê wat Ek gaan doen en julle toe gered. Geen vreemde god kon dit doen nie. Julle is getuies dat Ek die enigste God is,” sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 k het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God.
Afrikaans 1983 Ék het die redding aangekondig, Ék het gered en dit laat verkondig, Ek, nie 'n ander god onder julle nie. Julle is my getuies, sê die Here, en Ek is God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is die Een wat dit bekend gemaak het; Ek het verlos en dit aangekondig – Ek, nie 'n vreemde onder julle nie. En julle is my getuies,” is die uitspraak van die Here, “dat Ek God is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is Ek wat met julle gepraat het en wat julle gered het. Daar was nie 'n ander god by julle nie. Julle weet Ek is God. Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het voor die tyd gesê Ek sal julle red. Ek het dit gedoen. Ek het seker gemaak dat julle weet dat dit Ek was wat julle gered het. Daar was nie ’n ander god tussen julle wat dit kon doen nie. Julle is my getuies, sê die Here, net Ek is God.