Isaiah 43:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en verstaan dat dit Ek is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle is my getuies, Israel,” sê die Here. “En jy is my dienaar wat Ek uitverkies het om My te ken en in My te glo, en te verstaan dat Ek alleen die Here is. Vóór My was daar geen God nie en ná My sal daar geen God wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is -- voor My is geen God geformeer nie, en nMy sal daar geeneen wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Israel, julle is my getuies, sê die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is. Voor My was daar geen god nie, en na My sal daar ook nie een wees nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Julle is my getuies,” is die uitspraak van die Here, “my dienskneg wat Ek uitgekies het, sodat julle My kan ken, in My kan glo, en kan insien dat dit Ek is. Voor My is daar nie 'n god gevorm nie, en ná My sal daar nie een wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My volk, julle is die mense wat weet wie Ek is, julle is my dienaars, Ek het julle gekies. Ek het dit gedoen sodat julle sal weet wie Ek is en My sal glo en sal verstaan. Daar was nie 'n ander god vóór My nie, en daar sal nie 'n ander god ná My wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle is my getuies, Israel, sê die Here. Julle behoort aan My. Ek het julle vir My gekies sodat julle My kan ken. Ek het julle gekies dat julle in My kan glo en kan verstaan dat net Ek God is. Daar was nie ’n god voor My nie. Na My sal daar ook geen ander god wees nie. |