Isaiah 43:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos, Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nou, Jakob, sê die Here wat jou geskep het, Hy wat jou gevorm het, Israel: “Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My.
Afrikaans 1933/1953 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
Afrikaans 1983 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Maar nou,” so sê die Here, jou Skepper, Jakob, die Een wat jou gevorm het, Israel, “moenie bang wees nie, want Ek het jou losgekoop, Ek het jou op jou naam geroep – aan My behoort jy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar, Israeliete, nageslag van Jakob, nou sê die Here, Hy wat julle gemaak het: “Julle moenie bang wees nie, want Ek maak julle vry. Ek het julle geroep, Ek het julle name genoem, julle is Myne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het jou gemaak, Jakob. Hy het jou ’n volk gemaak, Israel. Hy sê vir jou: Moenie bang wees nie. Ek sal jou red. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My.