Isaiah 42:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die vorige dinge het gebeur, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat dit uitspruit, vertel Ek julle daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011 Alles wat Ek gesê het, het net so gebeur. En nou vertel Ek jou van nuwe dinge wat gaan gebeur. Voordat dit gebeur, vertel Ek dit reeds aan julle.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.
Afrikaans 1983 Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind. Ek kondig nuwe dinge aan. Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die dinge van vroeër – kyk, dit het gebeur; en die nuwe dinge – Ek kondig dit aan, voordat dit uitspruit, laat Ek julle daarvan hoor.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Alles het gebeur wat Ek voorheen gesê het, en nou sê Ek wat later nog sal gebeur. Ek sê dit vir julle voordat dit begin gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat Ek voor die tyd al vir julle gesê het, gaan net so gebeur soos Ek gesê het. Ek laat julle hoor van dinge wat nog moet kom, selfs al voor dit begin het om te gebeur.