Isaiah 42:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek, die HERE, het jou geroep in geregtigheid, en Ek sal jou hand vashou en jou bewaar en jou gee as 'n verbond van die volke, as 'n lig vir die heidene; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek, die Here, het jou geroep om my reg te demonstreer. Ek sal jou hand vat en jou beskerm. Ek sluit deur jou ’n verbond met die volk. En jy sal ’n lig vir die nasies wees om hulle na My terug te lei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies, |
| Afrikaans 1983 | Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou en Ek maak jou my verbond met my volk, my lig vir die nasies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ek, die Here, het jou geroep met die oog op geregtigheid; Ek sal jou hand vasgryp, jou bewaar en jou bestem tot 'n verbond vir die volk, tot 'n lig vir die nasies – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek, die Here, het jou geroep om te doen wat Ek wil hê, en Ek hou jou hand vas en Ek beskerm jou. Jy moet my verbond wees met my volk, jy moet die lig wees vir die ander volke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is die Here. Ek het jou geroep om geregtigheid op aarde te bring. Ek sal jou hande sterk maak en jou beskerm. Deur jou maak Ek ’n ooreenkoms met die volke. Jy is die lig wat die nasies na My toe lei. |