Isaiah 42:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal nie faal of moedeloos word nie, totdat Hy oordeel op die aarde gegee het; en die eilande sal wag op sy wet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal nie moeg of moedeloos word nie, totdat reg en geregtigheid op aarde gevestig is. Selfs die kuslande en eilande wag vir sy opdragte.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer. |
| Afrikaans 1983 | Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nie totdat hy my wil op aarde gevestig het. Die eilande wag op wat hy hulle sal leer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal nie weifel en nie geknak word nie, totdat hy reg op die aarde gevestig het; op sy lering wag die eilande. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal wees soos 'n vlam wat niemand sal doodblaas nie, 'n riet wat niemand sal breek nie, totdat hy vir almal op die aarde gesê het wat Ek wil hê hulle moet doen. Ook die mense wat in die ver lande by die see woon, wag om te hoor wat hy vir hulle sal leer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal hom nie laat keer om vir die wêreld te leer wat reg is nie. Die lande oorkant die see sal wag om te hoor wat hy sê. |